Sport

Maans Steenkamp is hierdie jaar gekies as deel van die Namibiese tennisspan. Hy verteenwoordig Namibië as een van die o/14 spelers. Ons is baie trots op Maans.

Agnes Steenkamp het verlede naweek in Windhoek aan 'n NTA - tennistoernooi deelgeneem. Sy het o/16 deelgeneem en goud gewen. Ons is trots op Aggie. Sy is 'n voorbeeld vir ons almal.

            Die jaar 2016 was vir Moria baie suksesvol op die sportveld. Ons het 5 spanne in die finale uitspeelrondtes gehad, met twee spanne in die finale van hul onderskeie ligas en ons kinders het ook goeie persoonlike prestasies gelewer.

            Spanne wat hierdie jaar presteer was die volgende:

      Seunshokkie - Hierdie span het bestaan uit seuns met ouderdomme wat wissel van 12 tot 19 en hulle het in die tweede liga meegeding. Hulle eindig tweede in die Noorde en dring deur tot in die semifinale van die Nasionale liga.

            Meisieshokkie - Ons meiesies speel in die tweede liga en na strawwe kompetisie kry hulle die tweede plek in die Noorde. Daarna vorder hulle tot in die semifinale van die Nasionale liga waar hulle die brons medalje wen. Hierdie span lewer 1 Namibiese speler vir die jaar.


            Onder 19 Rugby - Hierdie span wen weer vir die eerste keer in 7 jaar die Raadsbeker in `n toernooi waar al die Noorde skole teen mekaar meeding. In die uitspeelrondtes van die Onder 19C-liga eindig hulle bo aan hulle groep en hulle vorder tot in die semifinale van die liga.

            Onder 15 Rugby - Ons onder 15`s wen ook weer die Raadsbeker, hulle speel in die Nasionale Onder 15B-liga. Hulle eindig tweede in die Noorde en dring deur tot in die finale waar hulle dan die silwer medalje kry na `n naelbyt wedstryd. Hierdie span lewer 2 Namibiese spelers vir die jaar.

            Onder 13 Rugby - `n Span wat konstant deur die jaar rugby van hoogstaande gehalte gespeel het. In die Noorde wen hulle al hulle wedstryde en eindig eerste in die Onder 13 Superliga. Hulle dring deur tot in die finale van die Nasionale liga waar hulle die silwer medalje verower. Hierdie span lewer 4 Namibiese spelers vir die jaar. Hierdie span is ook aangewys as Moria se sportspan van die jaar vir 2016.

          Die volgende spesiale toekennings is aan leerlinge vir persoonlike prestasies gemaak:

            Harrie Harmse-trofee is toegeken aan Jaco Labuschagne vir sy uitsonderlike prestasie in atletiek. Jaco het die nasionale rekord vir onder 15 diskus verbeter en hy het ook Namibië verteenwoordig as onder 17 teen die SADEC-lande waar hy `n brons medalje verower het.

            Junior sportster vir die jaar vir meisies: Ann Joone Steenkamp het die Kunene-streek in netbal verteenwoordig en sy behaal `n vierde plek by die Masters tennis-kampioenskappe.

            Junior sportster vir die jaar vir seuns: Naude Krone verbeter die hoogspringrekord by die Noorde Privaatskole Atletiek-byeenkoms en hy word gekies vir die Kunene-streekspan. Naude word gekies askaptein van die onder 13 Noorde-rugbyspan en hy verteenwoordig Namibië se onder 13 rugbyspan. Hy verteenwoordig ook vir Namibië in gimnastiek by die Zone 6 kampioenskappe.

            Senior Sportvrou van die jaar: Estie Brand wen die goue medalje in spiesgooi by die Nasionale kampioenskappe en sy verteenwoordig Namibië teen die SADEC-lande waar se die sliwer medalje verower in spiesgooi. Met hokkie word Estie gekies vir die Namibiese onder 18-hokkiespan en sy word uitgenooi om in Nederland te gaan toer as deel van die ontwikkeling van die sport in ons land.

            Senior Sportman van die jaar: DJ Holtzhausen is deel van Moria se seunshokkie wat tot in die semifinale deurdring. Hy word gekies as onderkaptein van die Namibiese onder 16-rugbyspan en hy is `n goeie voorbeeld van `n persoon met toewyding wat hard werk op die sportveld.


            BAIE GELUK AAN HIERDIE LEERLINGE VIR DIE GROOT PRESTASIES, BOU SO VOORT IN DIE NUWE JAAR WAT KOM.

SPORTVERSLAG 2014

2014 was vir Moria se sport `n groot jaar.

Die Privaatskole saamtrek op Outjo was beslis `n groot hoogtepunt.

Die sportfasilitieite op Outjo het `n regruk gekry met ekstra netbalbane, `n nuwe tjokkerveld, nuwe kriekethokke, ekstra pawiljoene by die netbalbane en rugbyvelde.

Ons kinders het ook groot prestasies gelewer in 2014.

Die volgende persone is in ons nasionale spanne opgeneem:

RUGBY Mnr. Ronnie Robberts (Hulpafrigter van die O/16-Namibiese span)

RUGBY Jaco Labuschagne

GIMNASTIEK Monique van der Merwe, Hennie du Buisson, Erica Kesslau, Eric Kesslau en Naude Krone

TENNIS Maans Steenkamp

HOKKIE Raiden Germishuys

KRIEKET Juane Grobler, Lume Nel, Raiden Germishuys

ATLETIEK Estie Brand (Goud by Nasionale kampioenskappe), Mandie Krone (2 Silwer by Nasionale kampioenskappe en neem deel by COSASA kampioenskappe)

SPANNE WAT PRESTEER HET IN 2014:

O/10 Netbal was wenners van die streeksliga.

O/11 Rugby vorder tot in die Semifinaal van hulle liga

Meisieshokkie is onoorwonne in die Noorde en vorder tot in die Semifinaal van die tweede liga.

JUNIOR SPORTDOGTER 2014: Annetjie van Zyl

JUNIOR SPORTSEUN 2014: Jaco Labuschagne

SENIOR SPORTDOGTER 2014: Mandie Krone

SENIOR SPORTSEUN 2014: Raiden Germishuys

Dankie vir al die ondersteuning van verskeie instansies in ons land en ons gemeenskap wat vir ons hierdie jaar `n besondere jaar gemaak het en al ons onderwysers en buite-afrigters wat so baie tyd en moeite aan ons kinders bestee het.

SPORTVERSLAG 2013

Meisieskrieket: 3 meisies gekies vir Namibiese span

Gimnastiek: 5 Leerlinge verteenwoordig Namibië span

Rugby: 5 Seuns gekies vir Namiese O/13 span

Tennis: Twee van ons leerlinge blink uit by Masters toernooi in Windhoek

Atletiek: 5 Atlete wen 8 medaljes by Nasionale Atletiek Kampioenskappe

SPORTVERSLAG 2012

Die volgende leerlinge ontvang erekleure vir sport:

Erich Kesslau, Estie Brand, Erica Kesslau, Corné Delport, Hennie du Buisson, Danita Weakley.

Junior Sportmeisie - Estie Brand

Junior Sportman - Jacques van Zyl

Senior Sportmeisie - Danita Weakley (Namibiese kleure vir NetbalL)

Senior Sportman - Abel van Vuuren

Die Harrie Harmse Sporttrofee word gedeel deur Danita Weakley en Hennie du Buisson (Namibiese kleure vir gimnastiek)

SPORTVERSLAG 2011

Nege leerlinge verwerf Namibiese kleure in onderskeidelik Rugby, Netbal, Jukskei, Krieket en Gimnastiek.

3 Leerlinge presteer by die Nasionale Atletiekbyeenkoms.

SPORTVERSLAG 2010

Moria het in 2010 15 leerlinge wat Namibiese kleure verwerf in die volgende sportsoorte: Rugby, Netbal, Krieket, jukskei en Gimnastiek.

6 Atlete neem deel aan die Nasionale atletiekbyeenkoms

Moria se Eerste Rugbyspan wen ook die Raadsbeker vir die eerste keer in die geskiedenis.

SPORTVERSLAG 2009

Leerlinge van Privaatskool Moria neem aan 'n wye verskeidenheid sportsoorte deel, ook tot op streeks en Nasionale vlak. Privaatskool Moria het in 2009, 203 leerlinge gehad van Gr.1-12 waarvan slegs 25 nie aan sport deelgeneem het nie, dus 87,7% deelname aan sport. Glad nie sleg vir 'n skool waar ons deelname aanmoedig maar nie verplig nie. Die 178 deelnemers het aan 7 skoolsportsoorte en 3 buiteskoolsportsoorte deelgeneem en 14 het Namibiese kleure in sport verwerf, oftewel 8%, of een uit elke 13 ontvang Namibiese kleure in sport. 7 Atlete neem deel aan die Nasionale Atletiekbyeenkoms.

Ons wil al ons borge te bedank wat deur die jaar betrokke was as borg vir spesiale geleenthede of sportdrag. Ons kinders het altyd pragtig gelyk in hul kenmerkende geel en swart. Baie dankie ook vir alle ouers se lojale ondersteuning langs die sportvelde en bane en vervoer oor baie ver afstande om vir ons kinders die nodige blootstelling te gee.
Baie dankie aan al ons kinders vir hul deelname vanjaar op die sportterrein. Dankie dat julle altyd ons skool en dorp se naam hoog gehou het waar julle ook al deelgeneem het.

LAERSKOOL RUGBY

Moria se junior rugby by ons laerskool bestaan uit Tjokkers vir die beginners en verder is daar rugby vir ouderdomme onder 8, 9, 10, 11 en onder 13.

Die onder 13 span neem jaarliks aan `n Noorde liga deel waarna daar teen die ander streke uitgespeel word vir `n Nasionale wenner.  Ons ander Laerskoolspanne speel teen ander skole op georganiseerde sportdae.

HOëRSKOOL RUGBY

Ons Hoërskool se rugby het jaarliks `n onder 14/15-span en `n span vir onder 19's. 

Hierdie spanne neem jaarliks deel aan die Namibiese Skole Rugby Liga waar daar eers in verkillende streke uitgespeel word en daarna speel die wenners van die streke uit om die Nasionale Kampioene te bepaal. 

Atletiek begin vroeg in die eerste termyn met Moria se interhuis atletiek byeenkoms tussen die BLOU span en ROOI span.  Daarna neem ons atletiekspan aan verkeie byeenkomste in Namibië deel.  

Atlete word gekies om aan Outjo-Zone byeenkoms deel te neem, waar atlete in die ouderdomme O/13, O/15, O/17 en O/19 moet kwalifiseer vir die Kunene-streeksbyeenkoms.  Hierdie atlete wat kwalifiseer, verteenwoordig die Kunene-streekspan in die Nasionale Namibiese Kampioenskappe.

In die derde termyn begin die atlete reeds weer oefen onder die bekwame hande van Mina du Plessis om fiks te word met die oog op die volgende jaar se deelname.

LAERSKOOL NETBAL

Moria se junior netbal by ons laerskool bestaan uit Beginners vir die onder 7`s en verder is daar netbal vir ouderdomme onder 8, -9, -10, -11, -12 en onder 13.

Ons Laerskool netbalspanne speel teen ander skole op georganiseerde sportdae.

HOëRSKOOL NETBAL

Ons Hoërskool se netbal speel in ouderdomme vir onder 15, -16, -17 en onder 19.

Hierdie spanne neem jaarliks deel aan die Namibiese Skole Netbal Liga waar daar eers in verkillende streke uitgespeel word en daarna speel die wenners van die streke uit om die Nasionale Kampioene te bepaal. 

Ons hokkie was vir die afgelope jare meer as `n sosiale sport be-oefen, ons wil nou in 2013 vir die eerste keer deel te neem aan die skolehokkieliga.  Hokkie word gespeel in seuns en meisiespanne en kinders van enige ouderdom kan in die spanne saam speel.

Tennis is 'n sport met 'n lang geskiedenis by Moria. Die afrigters is  Maryna Louw en Charisma O'Callaghan. Elke Maandag en Woensdag, van 3- 4nm, is klub tennis waar die kinders wedstryde teen mekaar speel. Enkel lesse en groepslesse word aangebied van Maandae tot Donderdae vir leerlinge wat daarvoor ingeskryf het. Tennis is vir alle ouderdom kinders. NTA en KIA toernooie word ook deur die jaar gespeel.

Mini-krieket

Moria se mini-krieket het amptelik afgeskop in 2009, onder leiding van Ida Calitz.  'n Groot skenking van kriekettoerusting is ontvang vanaf "Bakers" en word vandag nog gebruik tydens oefeninge. Die basiese reëls en rekordhouding wat ons gebruik, is ook vanaf hulle deurgegee.  Mini-krieket word in die laaste termyn van die jaar aangebied vir leerlinge (seuns en dogters) met ouderdomme 7-9 jaar.  Jonger- en buiteskoolse kinders is ook altyd welkom en speel lekker saam.  Ons probeer om hul ook bloot te stel aan soveel moontlik wedstryde.  Daar word twee maal per week geoefen, waarvan 1 oefening bestaan uit die aanleer van vaardighede en die ander oefening gebruik word om wedstryd te speel.

Gimnastiek kom nou al 'n lang pad in Outjo. Eers was dit heeltemal 'n privaat klub, maar die laaste twee jaar vorm dit deel van Privaatskool Moria en staan die klub bekend as Moria Gimnastiekklub. Dus is gimnastiek nou 'n skoolsport. Daar is wel nog 'n buite komitee wat al die administrasie doen.

Natuurlik spog ons met 'n Russiese Afrigter, wat wonders met ons gimnaste uitrig.  Yuri Petrov is nou al meer as 10 jaar deel van gimnastiek in Outjo.

Ons Moria gimnaste is deel van die top gimnaste in Namibië.  Met die onlangse sporttoekennings van die Namibiese Gimnastiek Federasie het twee van Moria se gimnaste trofees ontvang.  Erica Kesslau vir deel van die beste meisies gimnastiekspan en Hennie du Buisson het  die hoogste toekening in Gimnastiek ontvang naaamlik die Sportman van die jaar.  Ons is baie trots op al die gimnaste van Moria. Hennie du Buisson (Gr 10 2013) van Moria is een van agt Namibiese gimnaste wat gekies is om Namibia  in die Jeug Wêreld Kampioenskappe vir Gimnastiek te gaan verteenwoordig in November 2013.

Die gimnaste moet elke jaar aan 3 kwalifiserende kompetisies deelneem om te kan kwalifiseer vir SA Spele of Sone 6.  Met die nuwe reëls in gimnastiek is dit vir die kinders baie moeilik om te kan kwalifiseer vir die twee geleenthede.  Dus werk die gimnaste baie, baie hard en oefen elke dag. Dit vat so baie van hulle, maar die gimnaste  weet waarvoor hulle werk. Elke skoolvakansie is daar dan ook 'n oefenkamp in Walvisbaai, waar hulle dan oefen onder ander afrigters en so dan hulp uit ander oorde ook kry.

Moria Gimnastiek klub spog dan ook met sy eie beoordelaars want volgens die reëls van Namibië moet elke klub sy eie beoordelaars verskaf vir elke kompetisie.

Ons konsentreer op Tuimel en Trampolien wat slegs een van sewe onderafdelings van Gimnastiek uitmaak.

Doelstellings vir 2013 is om vir die Nasionale kompetisie te kwalifiseer en ook vir Sone 6 wat hierdie jaar in Harare, Zimbabwe aangebied word. Daar is ook ideale om vir Internasionale Kompetisies in Bulgarye en die Afrika Spele in Egipte voor te berei.

Indien daar navrae is kan die volgende persone gekontak word:

Erich Kesslau  081 124 3415

Marionette Kesslau 081 247 1469

Piet O'Callaghan  067 313051 (Skoolhoof)

 

 

Jukskei is 'n span sport wat in 1743 deur die destydse transportryers as 'n ontspanningsmiddel gebruik is na 'n harde dag se trek met die ossewaens. Ons bou voort aan hierdie tradisie van ons voorouers, net op 'n meer kompeterende wyse.

Moria het tans 3 jukskei spanne wat uit 4 spelers elk bestaan. Op ope dae kom oud en jonk vanaf Weste, Suide, Noorde en Ooste  bymekaar om vir 'n dag lank Jukskei te speel en ook om nuwe vriendskappe te smee. Moria se Laerskool en Hoërskool jukskeispanne kompeteer op ope dae teen die volwasse klubspanne en op spesiale dae, soos die jaarlikse privaatskole naweek, kompeteer verskillende skole teen mekaar.  

Jukskei oefeninge is tans op Maandae en Dinsdae van 3 tot 4.

 

SPORTBELOFTE

Ek onderneem en belowe om vandag deel te neem:

MET YWER, SONDER NAYWER,

VASBERADE, MAAR BELEEF.

Want hoofsaak in die lewe is:

NIE DIE OORWINNING NIE, MAAR VOLHARDING,

NIE DIE VRUG NIE, MAAR DIE STREWE,

NIE DIE LOON NIE, MAAR DIE GESINDHEID.

Die vormende waarde van sport kan vir hom wat verloor baie meer beteken as vir hom wat wen, want menige wenner beleef in sy oorwinning soms sy grootste nederlaag, en menige verloorder verlaat dikwels die strydperk as triomfator oor homself en sy teenstander, geestelik geskool en gesterk.

As die groot Teller eendag teenoor jou naam kom skryf, skryf Hy nie dat jy gewen of verloor het nie, maar hoe jou gesindheid in die stryd was.

"FOR WHEN THE GREAT SCORER COMES TO WRITE AGAINST YOUR NAME,

HE WRITES NOT WHAT YOU WON OR LOST, BUT HOW YOU PLAYED THE GAME".

(An expression of Baron Pierre de Coubertin, founder of the modern olympics)

THE MAIN ISSUE OF LIFE IS NOT THE VICTORY, BUT THE FIGHT.

THE ESSENTIAL IS NOT TO HAVE WON, BUT TO HAVE FOUGHT WELL.

 

SPORTBELEID

Sportbeleid rondom buiteleerlinge: Reeds sedert 2005 het die Direksie goedgekeur dat ons Staatskool- en tuisskoolkinders kan gebruik om te verseker Dat ons volledige sportspanne kan inskryf vir bv. Rugby. Die volgende beginsels is toe ook ooreengekom:

  •  Sodra ons buiteleerlinge toelaat tot die span, word die span daarna op meriete gekies.
  • Indien Moria leerlinge hulle as reserwes bevind moet hulle wel speelkans kry, hetsy dit 'n toernooi of enkelwedstryd is.
  • Slegs in uiterste gevalle sal ons hierdie spelers saamneem na Privaatskole byeenkomste, want alle spanne moet ten minste 2/3 lede wees van die ingeskrewe privaatskool
Facebook Bladsy

Opkomende gebeure

Nuutse Omsendbrief