Skoolbestuur

Welkom by Moria - die oudste Afrikaanse Privaatskool in Namibië. Om skool te gaan of skool te hou is nie altyd die maklikste taak nie. Dit is harde werk, emosioneel uitputtend en lang ure. Positiewe terugvoering is skaars, baie kritiek word gelewer MAAR die eindresultaat maak alles die moeite werd!

Die verhouding tussen onderwysers, leerlinge en ouers bepaal die sukses van 'n skool. Beleef die kinders en onderwysers tydens pouses op die speelgrond en in die personeelkamer en dit weerspieël die skool se gees.

Haim Ginott het gesê: "Ouers se eerste verantwoordelikheid is nie om hulle kinders gelukkig te laat voel nie, maar om hulle karakters en waardesisteem te ontwikkel."

William Arthur Ward het gesê: "'n Gemiddelde onderwyser deel mee, die goeie onderwyser verduidelik, die buitengewone onderwyser demonstreer, die beste onderwyser inspireer."

Iemand het vir 'n skaapboer gevra waaraan skryf hy sy kwaliteit skape toe, sy antwoord:  "Ek kyk goed na die lammetjies."

Daarom het ouers en onderwysers 'n groot taak om hierdie ontluikende kinders groot te maak om 'n verteenwoordiger van God op aarde te wees.

 

Piet O'Callaghan

 

'n Skool met gees vereis personeel met gees!

Watse gees?

'n Gees van samehorigheid, van toewyding en ... van pret!

Privaatskool Moria het tans 16 voltydse personeellede en 2 deeltydse personeellede wat voorvat, handevat en boekevat.

Die koshuis staan onder bestuur van n koshuisvader en drie koshuismatrones  wat hul "man" staan op alle tereine.

 

 

Piet O'Callaghan

Skoolhoof en Departementshoof Gr 5-9. Laerskool Wiskunde

Gebore:
In Karasburg

Skoolloopbaan:
Matrikuleer aan die Hoërskool Keetmanshoop (P.K. de Villiers)

Universiteitsloopbaan:
B.A Hons en H.O.D aan die Universiteit van Stellenbosch

Werkservaring:
Hou skool by Vooruit (Otjiwarongo) en Suiderhof (Windhoek) waar ek Departementshoof en Adjunkhoof was. Vanaf 1992 Skoolhoof by Privaatskool Excelsior, Aroab en vanaf 2011 by Moria.

Persoonlik:
My liefde vir kinders, die ontwikkeling en suksesse wat kinders behaal hou my in die Onderwys. My leuse is:"MAAK 'N VERSKIL" – en hiermee pak ek die laaste fase in my onderwysloopbaan aan.

Chrisman Stander

Adjunkhoof en Departementshoof Gr 10-12. Rekeningkunde

Gebore:
16 Maart 1972

Skoolloopbaan:
Suid-Afrika

Universiteitsloopbaan:
NWU-Pukke B.Compt + H.O.D.

Werkservaring:
18 jaar ondervinding. Vakke aangebied: Rekeningkunde(gr8-12), Besigheidstudies(gr8-12) Entrepreneurskap(gr8-9), Wiskunde(gr8-12), Afrikaans(gr8-12).

Persoonlik:
Springbokkleure verwerf vir stoei.   Provinsiale kleure verwerf vir rugby. Ek hou van Ballroom-dancing. Mal oor kunsaashengel en ek is die passievolste Stormer-ondersteuner in Outjo.

 

Loutjie Grobler

Sportorganiseerder en Besigheidstudies

Gebore:
27 September 1968 in Otjiwarongo

Skoolloopbaan:
Outjo Laerskool en Outjo Hoërskool

Kwalifikasies:
HOD Sekondêr in B.Comm aan die Universiteit van Potchefstroom (PUK)

Werkservaring:
12 Jaar Onderwys, 8 jaar in die Handelswêreld en 17 jaar in die Landboubedryf. Vanaf 2012 by Moria. Gee tans Besigheidstudies Gr 10-12 en Lewensoriëntering Gr 10-11.

Persoonlik: 

Ek het 'n passie vir: `n Klas vol kinders

                              `n Rugbyveld vol spelers

                              `n Kraal vol bees

                              `n 4X4 in die bos

Ronnie Robberts

Toerisme en Wildplaasbestuur

Gebore:
Outjo, 12 April 1988 

Skoolloopbaan:
Skoolloopbaan (Gr. 1 – 12)  -  Moria, Matrikuleer in 2006, Privaatskool Moria

Kwalifikasies:
Toerismebestuur  Nasionale Sertifikaat N4 -N7 (2008) -  Stellenbosch

Ontvang  H.O.D. in Toerisme in 2011 – Stellenbosch

Sport & Bemarkingsbestuur  Sertifikaat in 2009 - Stellenbosch

CNO (Christelike Normatiewe Onderwys) Voltooi in 2011 – Aros, Pretoria

Werkservaring:
Begin in 2012 by Moria skoolhou. Vakke aangebied: L.O. Gr. 4 - 7, Sosiale studies Gr 5-7, RTT Gr. 9, Toerisme Gr 10-12, Wildplaasbestuur Gr 10-12. Afrigter van Moria se 1ste rugbyspan.

Persoonlik:

Ek is mal oor die natuur- en buitelewe.  Sport is my passie.  Mal oor alle sportsoorte.  O/20 Wêreldbeker span vir Namibië in 2008 (Chile, Suid-Amerika).  Het as jaggids gewerk in die Outjo omgewing en Damaraland. Was toergids by Uri Adventures te Walvisbaai en het(Kwêla Funny videos) se toere in die woestyn gedoen in samewerking met Live the Journey. Die Bulle bly maar net die beste span!!  "Live is not about the destination, but the journey you take to get to your destination."

Sanette Robberts

Admin. Sekretaresse

Gebore:
25 Desember  -  Delareyville (R.S.A.) 

Skoolloopbaan:
Laerskool Kameel  (Vryburg-distrik in die Noord-Kaap)

Hoërskool tot matriek:  Stella Hoërskool  (Vryburg-distrik - Noord-Kaap)

Werkservaring:
Namibiër vanaf: 1982

Bank Windhoek  (Bankklerk)

Munisipaliteit Outjo (Tikster/Telefoniste en later bevorder tot Boekhouer)

Robran (destyds ons eie besigheid  -  Boekhouer)

Koopkragvereniging (Boekhouer)

Privaatskool Moria (Persoonlike Assistent / Admin. Sekretaresse)

Kwalifikasies:

MA & OUMA-GRAAD  (van my eie sowel as al Moria se kinders!)

Persoonlik: 

Ek is een van vier kinders (3 dogters en 1 seun), is 'n gesins- en gevoelsmens en familievas wat BAIE lief is vir my gesin en familie, het Christelike waardes en liefde vir my Skepper.  My hart is soos 'n "taxi", altyd plek vir nog.  Ek is getroud met 'n Namibiër (wonderlikste man, pa en oupa)!  My passie is my werk hier by Moria waar ek al 21 jaar betrokke is en in my vrye tyd my liefde vir my gesin, musiek, kosmaak, ens. Ek is 'n "Busy Bee en hou van dinge doen en besig bly. Ek is 'n tipiese "blokkies-mens"  -  netheid, orde, dissipline, stiptelikheid, haastig, ens. en dit kan baie mense irriteer. 

Ilana Mouton

Fisiese Wetenskap[ en Rekenaartoepassingstegnologie

Gebore:
Bethulie in die Vrystaat

Skoolloopbaan:
Ficksburg Laerskool, Pietersburg Hoërskool

Kwalifikasies:
Universiteit van Pretoria. B.Sc. met Chemie, Biochemie en Fisiologie.                  

Werkservaring: 
WNNR Pretoria – 4 jaar Chemiese navorsing in die Voedsel en Landbou Chemikalieë afdeling.

Aranos Namibië - 4 jaar Rekenaargeletterdheidsklasse vir kinders en volwassenes.

Tsumeb Gimnasium – 8 jaar onderwyseres. Vakke: Rekenaarstudie Gr 8-12, Biologie/Lewenswetenskap Gr 10-12, Fisiese Wetenskap gr 8-12.  

Vanaf 2009: Privaatskool Moria - Fisiese Wetenskap Gr 9-12, Rekenaartoepassingstegnologie Gr 10-12

Persoonlik:
Ek het 'n groot liefde vir die Wetenskap en die natuur en verwyl my vrye tyd deur te lees en skryf. Ek glo dat geloof in God Drie-enig en die wonders van die Wetenskap twee kante van dieselfde munt is. Ek dink interne motivering en selfvertroue is, benewens die vakkennis, die belangrikste dinge wat 'n kind uit sy skoolloopbaan moet verkry.

Naomi le Roux

Intermediêr Wiskunde en Wetenskap. Lewensoriëntering

Gebore:
19 Augustus in die Paarl, Suid-Afrika

Skoolloopbaan:
Ek het vir die eerste 22 jaar van my lewe op Wellington in die Boland gewoon en was in Hugenote Laerskool en Hoërskool

Kwalifikasies:
B.Ed Intermediêre en Seniorfase met Wetenskap en Wiskunde as hoofvakke by die Onderwysfakulteit van CPUT Wellington      

Werkservaring: 
Privaatskool Moria sedert 2008. Aardrykskunde gr 10-12, Wiskunde Geletterdheid Gr 10-12, Wisk Gr 7-8, Wetenskap Gr 5-8, Sosiale Studies Gr 7.             

Persoonlik:
Ek is die laatlam van drie dogters. My oudste suster woon in New Zealand en my middelste suster is die dokter op Usakos en Karibib. My ouers woon op Usakos.Ek is 'n lewendige mens wat hou van praat (en sommer lekker hard ook), seker te danke aan die bietjie drama agtergrond en die feit dat ek hoofdirigent was op skool. Ek is baie lief vir kinders en geniet my rol as onderwyser elke dag meer en meer.

Ek wil kinders so onderrig dat hulle 'n liefde sal kweek vir die vakke wat ek aanbied.

Trudie Stander

Lewenswetenskap en Wisknde Geletterdheid

Gebore:
Laatlam van 3 dogters gebore en grootgeword in Blou Bul-land - Pretoria

Kwalifikasies:
B.Sc. (Plantkunde en Dierkunde) en HOD aan die Universiteit van Pretoria        

Werkservaring:
Rheynopark (Witbank, RSA)1995-1997

Mount Etjo Privaatskool 1997-2003

Gobabis Gymnasium 2004

Namib High Swakopmund 2005-2007

Moria sedert 2008. Vakke tans: Lewenswetenskap Gr 9-12, Wiskunde Geletterdheid gr 10-12                       

Persoonlik:
Ek bespeel verskeie musiekinstrumente, baie lief vir dans, kampeer en toer na nuwe bestemmings. Beste manier van ontspanning – fliek.

Ek het 'n groot hart vir mense en veral kinders. Ek glo my doel as onderwyser is om 'n kind so te ontwikkel dat hulle volledig kan "cope"in die buitewêreld. Natuurlik sluit dit 'n lewendige verhouding met ons Redder in.

Wilma de Bruin

Graad 1

Gebore:
Outjo

Skoolloopbaan:
Gr 1-12 Outjo

Kwalifikasies:
HOD Normaal Kollege Pretoria

BA Unisa (Geskiedenis, Opvoedkunde, Kuns, Aardrykskunde, Afrikaans)

IAAF 3 Atletiekafrigter, Kenia

Werkservaring:
Swakopmund, Outjo Sekonkondêre skool, Outjo Primêr, Moria  Huidige vakke: Gr 1   

Persoonlik:
In my vrye tyd hou ek daarvan om te skilder en sport te beoefen. Ek is baie gelukkig by Junior Primêr want ek is baie lief vir klein kindertjies. 

Janine Myburgh

Finansiële beampte

Gebore:
Secunda 24 April ' 91

Skoolloopbaan:
Groot geword in Kuruman SA. Skool gegaan in Laerskool Seodine en matriek gemaak in 2009 Hoërskool Kalahari.

Kwalifikasies:
Tans besig met B.compt (CA) deur Unisa.

Werks ervaring:
Senior Audit klerk Jamieson & Ass. Finansiële beampte by Moria vanaf 2011.

Persoonlik:
Ek is n skaam, liefdevolle, en private mens. Ek hou van kook en my passie is gesonde leefstyl. Vriende en familie is vir my belangrik. 

Francis Joubert

Sosiale Studies en Aardrykskunde

Gebore: 
Op 29/08/1959 op Tzaneen in die Laeveld = BLOU BUL  - Country

Skoolloopbaan:
Laerskool was ek in verskeie skole, het begin op Gravelotte, Louis Trichard, Duiwelskloof en het klaar gemaak op Tzaneen.

Hoërskool was ek die hele tyd op Hoër Landbouskool Merensky en het Landboukunde uit eie keuse as ‘n vak gehad. Het in 1977 gematrikuleer.

Kwalifikasies:
HPOS en HOD met Aardrykskunde II en RTT II as my hoofvakke.

Werkservaring:
Ek en Frans in April 1978 getroud, hy was nog 3de jaar Veeartseny-student.  Ek het aanvanklik by die Departement van Statistieke gewerk, toe ons egter nader aan Onderstepoort ‘n woonstel op ‘n plot gekry het, het ek by die poskantoor op Rosslyn noord van Pretoria gaan werk. Sy laaste 6 maande van sy studies moes hy die landvol trek vir prakties in al die verskillende afdelings, daarom het ek op Tzaneen by my ma gaan bly en in een van die apteke gewerk.

Na sy studies voltooi is, het ons op Giyani, die plek waar ons ontmoet het gaan bly en hy was die hoof van Veeartseny van Gazankulu-tuisland. Hier is ons 2 dogters, Cecilia (1982) en Annemarie (1985) gebore.

1986 het hy van ‘n pos in Etosha Nasionale Park gehoor en aansoek gedoen en ons het September 1986 hierheen verhuis. Met onafhanklikheid toe die pos op Outjo oopgaan het hy daarvoor aansoek gedoen, want ons wou nie ons kinders in die koshuis grootmaak nie.

1991 toe Privaatskool Moria oopmaak het ek as kok by hulle begin werk.  Kinders was so ongelukkig toe ek rosyne in Bobotie en die geelrys sit.  Was besig met my studies.  Het die 3de kwartaal geproef en moes toe sommer aangaan met skoolgee vir Gr. 3-4, aangesien tannie Martie Lemmer toe siek geword het.

2005 is Frans se aanstelling in Windhoek na 18 maande gefinaliseer en het ons daarheen verhuis.  Daar het ek o.a. by Etosha Laerskool en WAP skoolgehou.  Einde 2010 het ek terug verhuis en Frans se aftrede is ook in 2011 gefinaliseer.

Ek hou sedert 2011 weer by Moria skool en dit is waar ek graag wil wees. Ek gee tans Asardrykskunde Gr 10-12 en Sosiale Studies Gr 8-9

Persoonlik:
Ek is baie lief vir kinders en hou daarvan om met hulle te werk en hulle gelukkig te sien.

Elsabé Marais

Gasvryheidstudies

Gebore:
Ceres

Skoolloopbaan:
Oud-Bolander. Laerskool Bloemhof, Laerskool Locherhof –Strand, Hoërskool Strand.

Kwalifikasies:
B. Huishoudkunde (Ed) by die Universiteit van Stellenbosch.

Werkservaring:
Onderwyser by Moria vir 22 jaar. Deur die jare het ek omtrent al die vakke in die boek gegee. Huidiglik: Gasvryheidstudies Gr 9-12, RTT Gr 6-9, Basiese Tegnieke Gr 4-7.

Persoonlik:
Ek is die oudste van vyf dogters. Ek hou daarvan om die kinders te leer om mooi en lekker kos te maak!

Corna Holtzhausen

Wiskunde

Gebore:
22 Augustus 1972 in Mariental

Skoolloopbaan:
Ek het gematrikuleer in 1990 en gestudeer in Stellenbosch.

Kwalifikasies:
B.Sc. (met Wiskunde en Fisiologie as hoofvakke) en HOD  by die Universiteit van Stellenbosch.

Werkservaring:
My eerste skool was Academia in Windhoek, ek was daar vir 6 jaar en het toe Outjo toe getrek. Ekhet eers in 2009 weer begin skoolgee in Moria toe my eie kinders skool toe is. Ek gee wiskunde vir die senior klasse Gr. 9-12.

Persoonlik:
Ek is die oudste van drie dogters en een seun. My droom is om die beste Wiskunde onderwyseres te wees wat ek kan wees. Ek wil ook graag elke kind bystaan om sy/haar maksimum potensiaal te bereik. My ideaal is om kinders te laat glo in hulle self en hulle vermoëns en om hul lief te maak vir Wiskunde!

Mia Nolte

Afrikaanse onderwyseres

Gebore: In Keetmanshoop gebore en getoë

Skoolloopbaan: Matrikuleer aan Keetmanshoop Privaatskool

Universiteitsloopbaan: BA-graad (Taal en Kultuur) Universiteit van Stellenbosch

Werkservaring: Dit is my eerste jaar as onderwyseres (ook my eerste werk). Ek gee Afrikaans Huistaal vir leerlinge van Graad 8-12.

Persoonlik: Daar is baie dinge in die lewe waarvan ek hou (die lys is bietjie lank), maar in kort kan ek sê dat ek dit geniet om my horisonne te verbreed en uitdagings aan te pak. Baie vra hoe ek in die onderwys beland het. Wel, dit was ook nie deel van my plan nie, maar ek glo dat ons nie in die wêreld geplaas is vir onsself nie. C.J. Langenhoven het gesê: “Moenie by die hemel gaan soek na die engele nie, soek by die engele na die hemel.” Hiermee sê ek beslis nie dat ek `n engel is nie, maar dat dit my as mens se strewe is om ander nader aan God te bring. Langenhoven het ook gesê: “Vir sy eie voordeel beklee `n man `n beroep, vir die voordeel van sy ewemens, volg hy `n roeping.” Ek reken ek as onderwyseres is geroep en dat al is dit net vir een kind, dit die moeite werd is.

Mike van Niekerk

Factotum

Gebore:

Ek en my tweelingsuster is gebore in Gobabis op 18 Mei 1946. Sy was 3 minute vinniger as ek! Ons is vyf kinders waarvan ek die enigste seun is.

Skoolloopbaan:

Vanaf Sub A tot Standerd 5 op die plaasskool Manina Gobabis distrik.Daarna Windhoek Hoërskool. Kwalifikasies: Normaalkollege Pretoria: HOD 4 jaar.Universiteit van Pretoria: BA, UNISA: Onderwysbestuur.

Werkservaring:

Begin my onderwysloopbaan in Pretoria, verhuis na Keetmanshoop, Windhoek, Okahandja, Uis en uiteindelik na Outjo in 1991.

Nou geniet ek dit om afgetree te wees en steeds besig te bly met wat vir my lekker is. Dit is vir my 'n groot voorreg om nog te kan werk!

Persoonlik:

Ek is baie lief vir die natuur, hou van veldkamp, toer in Namibië en ek lees baie graag.

Om gehoorsaam te wees aan God en sy opdragte is vir my baie belangrik.

Ons het drie wonderlike kinders en ses kleinkinders.Ons oudste dogter en haar gesin woon in London, ons seun en sy Kanadese vrou en hul dogtertjie woon in Swakopmund en ons jongste dogter en haar gesin woon in Bendigo Australië.

Ek is al 42 jaar getroud met die wonderlikste vrou, Carla.

Charisma O'Callaghan

Gebore:
3 Februarie 1986 in Otjiwarongo

Skoolloopbaan:
Laerskool - Privaatskool Excelsior, Aroab. Hoërskool - Upington

Kwalifikasies:
BA Tale en Sielkunde asook 'n graad in Fotografie by die Universiteit van Stellenbosch.

Werkservaring:
Ek het vir 'n jaar as fotograaf in Stellenbosch gewerk waarna ek die Suide en die Kaap vir die Noorde van Namibië verruil het. Ek het vir 2 jaar in Otjiwarongo gewerk as onderwyseres, Tennisafrigter en Fotograaf. Tans is ek onderwyseres by Privaatskool Moria waar ek Engels en Afrikaans vir Gr 5-7 leerlinge gee. Ek doen ook tennisafrigting en fotografie.

Persoonlik:
Ek is die Ousus in ons gesin met 'n broer wat 2 jaar jonger is. Ek is lief vir die lewe. Ek hou van lag. Ek is baie lief vir my Skepper, daarom werk ek met kinders sodat ek my liefde vir die lewe, lag en my Skepper aan hulle kan oordra en 'n pad met elkeen van hulle stap wat 'n stukkie padkos benodig.

Aurora O'Callaghan

Gebore:
15 Desember in Otjiwarongo

Skoolloopbaan:
Skoolgegaan van Gr 1-12 in Tsumeb.

Kwalifikasies:
TOD 4 Normaalkollege Pretoria

Werkservaring:
1982-1986 Otjiwarongo  - Gr 1, 1987-1991 Windhoek – Voorskools, 1992-2010 Aroab – Gr1-Gr3, 2011 Moria Gr 4.

Persoonlik:
Ek het twee kinders, 'n seun en 'n dogter, vir wie ek baie lief is en is getroud met 'n wonderlike man.. Ek het 'n groot hart vir diere en kinders. Ek geniet dit om te lees vir ontspanning en ek geniet sport. Ek glo my doel as onderwyser is om die kinders met wie ek werk te inspireer om voluit te lewe en om God as hul veilige hawe te hê. 

Almeréne Badenhorst

Gebore:
30 April 1987 in Otjiwarongo

Skoolloopbaan:
Ek het 25 jaar in Otjiwarongo gebly en was in Vooruit Laerskool en Otjiwarongo Hoërskool.

Kwalifikasies:
Gevorderde Diploma in Sportbestuur en afrigting met spesialisasie as Kinderkinetika praktisyn by Northlink Kollege.

Werkservaring:
Ek het vir twee jaar in Otjiwarongo skoolgehou as Pre-primêre onderwyseres en tans is ek by Moria as Remediërende onderwyseres.

Persoonlik:
My passie is om met kinders te werk en om kinders te help. Ek wil 'n verskil maak in 'n kind se lewe en dit is waarvoor ek elke dag leef.

Suzanne Smit

Gebore:         

13 April 1981 in Otjiwarongo

Skoolloopbaan:        

Vooruit Primêr en Hoërskool Otjiwarongo

Kwalifikasies:    

Universiteit van Stellenbosch, B.Ed (Grondslagfase)&(Hons. in Leerondersteuning)

Graad 8 (UNISA - klavier)

Werkservaring:                                

Leerondersteuningspos in Suid-Afrika vir 5 jaar. 

Onderrig vanaf 2010 die Graad 3’s by Moria.

Persoonlik:                                       

Ek is baie lief vir musiek en het ‘n groot waardering vir die kunste en enigiets wat te doen het met kultuur.  Ek hou daarvan om met kleiner kinders te werk, so geniet dus die Junior Primêre fase baie.  Ek behandel en hanteer kinders dienooreenkomstig my sagte geaardheid.  Ek hou van uitdagings en orde.

Annetjie Potgieter

Departementshoof Gr 1-4

Gebore:         

Ek is 'n gebore Noord Transvaler en my nooiensvan is Gouws.

Skoolloopbaan:        

My laerskoolloopbaan het ek voltooi in 'n klein skooltjie op Tolwe. Pietersburg Hoërskool – toe alreeds 'n baie groot skool – het my stewige fondamente gelê.

Kwalifikasies: 

My Onderwyskwalifikasie – Junior Primêr – het ek te Normaal Kollege Pretoria verwerf. Ek het ook later'n Verdere Diploma in Spesiale Onderwys verwerf.

                                                                       

Werkservaring:  Ons gesin woon al sedert 1984 in Namibië. Ek is van 1992 af verbonde aan Privaatskool moria. Die Graad 2 klas word vanaf 1994 deur my hanteer. Ek tree ook op as Departementshoof junior Primêr.

 

Persoonlik:   

Ek is die tweede jongste van ses kinders(5 dogters en 1 seun). Ek het voortgebou op die tradisie en het self 4 dogters waarvan die jongste nog studeer. Ek is 'n aktiewe lidmaat van die Gereformeerde kerk.

Doreen van Zyl

Koshuismatrone - Dogters

Gebore:

23 Desember in Tsumeb

Skoolloopbaan:

Tsumeb Laerskool. Etosha Hoërskool.

Werkservaring:

Outjo bakkery. Tans Koshuismatrone by Huis Onduri.

Persoonlik:

Getroud met Renier van Zyl en het een seun, Renier jnr.

Ek hou baie van "Scrap booking", skilder en verfwerk. Ons gesin hou van kamp en die buitelewe. Ek is die 4de oudste van 6 kinders.

Deidre Rothman

Toesighouer

Gebore:

27 Junie 1936 te Mosselbaai

Skoolloopbaan:

Skoolgegaan in Mosselbaai 

Universiteitsloopbaan:

HOD by Universiteit van Stellenbosch.

Werkservaring:

In 1958 het ek in Outjo kom skoolhou hoewel ek nie die land geken het nie.  Hier het ek ook my man ontmoet en ons is in 1959 getroud.

In 1958-1959 gee ek Engels en naaldwerk aan die sekondêre skool in Outjo. Daarna Gr 3 en 4 by Outjo Laerskool en Moria.

Huidiglik hou ek toesig oor die leerlinge wat studie periodes het of eksamen skryf en in die middae gee ek studie vir Gr 3-4 koshuisleerlinge.

 

Persoonlik:

Uit ons huwelik is 'n seun en 'n dogter gebore. Ek is 'n loslit oumatjie met 6 kleinkinders wat my lewe elke dag verryk en my 'n ongelooflike gelukkige ouma maak. Hulle is almal geskenke uit die hand van on Liewe Vader.

Ek hou my tuis besig met borduurwerk en hekel. Stilsit kom nie in my woordeskat voor nie, om besig te bly hou mens jonk.

Jeanette van Wyk

Koshuismatrone - Seuns

Gebore:

3 Maart in Outjo

Skoolloopbaan:

 

Otjiwarongo. Matrikuleer by Hoërskool Otjiwarongo

Werkservaring:

Sekretaresse vir 5 jaar vir Transport-besigheid in Swakopmund.

Boervrou vir 15 jaar in Mariental-omgewing.

Persoonlik:

Ek is die 2de oudste van 5 kinders en het 3 kinders van my eie.

My stokperdjies is tuinwerk, bak, kwilt, lees en die buitelewe.

Ek is 'n georganiseerde reguit mens vir wie eerlikheid baie belangrik is.

Ek hou nie van koue badwater nie.

Die reuk na die die eerste reëndruppels val is die lekkerste reuk ooit, en die gerammel van donderweer die mooiste klank

Anita Miljo

Onderwysassistent

Gebore:

Windhoek 9 Maart 1995 Jongste van twee kinders.

Skoolloopbaan:

(Gr1-Gr12) Pro Ed Swakopmund Namibia Matrikuleer 2013.

Kwalifikasies:

Eerstejaar by NWU-Pukke Potchefstroom. Tans besig met my B.Ed Intermediêre deur Unisa.

Werkservaring:

Werk vakansie tye by my ouers se besighede.

Persoonlik:

Diere is my alpha en omega. Ek is ook natuurlik mal oor die natuur en buitelewe. Alhoewel ek nie die plaaslewe ervaar het nie dink ek absoluut dat dit n groot vooreg moet wees om deel te wees daarvan. My moto in die lewe is eenvoudig moet nie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie, en ek glo as eelkeen van ons daarna strewe behoort dit goed te gaan met ons.

Alte Kuhn

Engelse Onderwyseres

Gebore: 03 April 1987

Skoolloopbaan: Matrikuleer aan Hoërskool Hartswater in die Noord-Kaap.
Universiteitsloopbaan: BA Taalstudie en BA Hons Taalstudie aan die Universiteit van die Vrystaat
Werkservaring: Werk vir 6 jaar as dosent by die Universiteit van die Vrystaat.
Werk ook as akademiese adviseur en registrasie beampte aan die Fakulteit Geesteswetenskappe (UV).

Gee vanaf 2015 Afrikaans vir Gr 8-12 by Moria

Persoonlik: Ek is die jongste van vier kinders, en al 'n tannie van 8! Dit is juis weens my suster en haar kinders dat ek Namibië toe getrek het (die liefde het ook 'n rol gespeel). Ek is vreeslik lief vir my gesin en familie en sal berge probeer versit vir hulle! Ek is baie goed met tale en het 6 verskillende tale geleer en bestudeer terwyl ek op universiteit was.

Gerrit Vermeulen

Deeltydse Rekenaaronerrig

Gerrit Vermeulen is 'n oudleerling van Moria wat tans uithelp met Gr 10 Rekenaartoepassingstegnologie asook HTML vir Gr 11 en 12. Hy is ook die ontwerper van Moria se oulike webwerf!

Gebore:28 April 1987 in Johannesburg

Skoolloopbaan:Van graad 1 tot 12 in Privaatskool Moria

Werkservaring:

2006 - 2009 Siemens (Senior Technician)

2009 - 2014 Intouch (Senior Developer)

2014 - 2016 Website Genius (Owner

Persoonlik:

Die rekenaar gogga het my reeds op laerskool gebyt. Almal sê altyd dat die resep vir geluk en sukses is om jou passie te vind. Hierdie passie vir rekenaars het toe later my lewe geword. Om op 'n rekenaar rond te speel is vir my so lekker dat dit skoon vreemd voel om geldelik daarvoor beloon te word. Ek geniet dit om hierdie passie, liefde en kennis vir rekenaars aan jongmense oor te dra en te sien hoe hulle meer vertroud en selfversekerd raak.

Die Koshuiskomitee bestaan uit:

Mariesje du Plessis - Voorsitter / Finansies

Carina Jansen van Vuuren - Projekte/ Funksies

Madelein Malan - Kombuis

Jenny Janse van Rensburg - Leerlinge

Fanie Heimstadt - Fasiliteite

Die matrones by die koshuis is:

Jeanette van der Merwe - Aministratief / Kombuis

Doreen van Zyl - Seuns

Magdaleen Liebenberg - Dogters

Die skool word bestuur deur 'n Direksie wat deur die ouers verkies word. Die direksie bestaan tans uit die volgende lede:

Piet Mostert - Voorsitter en Personeelportefeulje

André Burger - Ondervoorsitter en Sportportefeulje

Neels van Zyl - Boerdery

Dakkie Anthonissen - Projekte

Radie Kotze - Fasiliteite

Danie Jansen van Vuuren - Bemarking

Corrie Labuschagne - Finansies

Steyn Labuschagne - Fasiliteite koshuis

Mariesje du Plessis - Sekretaresse en Voorsitter: Koshuis

Die leerlinge word bestuur deur 'n leerlingraad wat uit die Graad 11 groep gekies word asook klasverteenwoordigers uit elke klas vanaf gr 7-12.

Ons Gedragskode funksioneer binne 'n Christelike waardesisteem, soos dit in die Bybel voorgehou word, om ons visie en ideale gelowig te verwesenlik. Ons grootste strewe is Soli Deo Gloria. Aan God alleen al die eer, gebou op die grondslag van:

    • Genade alleen - Sola Gratia
    • Woord alleen - Sola Scriptura
    • Geloof alleen- Sola Fidei

Daar word in alles daarna gestreef om in ooreenstemming met ons geloof in die Drie Enige God die volgende Bybelse beginsels/waardes te handhaaf in ons gesindheid en optredes, onderling en na buite.

  • Afhanklikheid
    Ons leef uit God se hand, daarom bid ons vir sy seën.
  • 'n Positiewe gesindheid teenoor onderrig, leer en die lewe
  • Dankbaarheid
    Alles wat ons is en het, het ons uit genade van God ontvang.
  • Verantwoordelikheid
    • God het die mens gemaak as iemand wat vertrou kan word en aan hom 'n opdrag toevertrou.
    • Ons is daarom verantwoordelik vir onsself, ons keuses, optredes, geleenthede, gesondheid, ontwikkeling en geleerdheid ens
  • Respek
    • Elke optrede sal gekenmerk word deur my respek vir:
      • God
      • medemens
      • natuur
      • self
      • gesag en gesagsfigure
      • meerderes en minderes
      • kultuur en taalerfenis
  • Dissipline
    • Ons lê ons neer by reëls wat daar gestel is
    • Ons handhaaf Orde
    • Ons pas selfbeheersing toe
  • Diensbaarheid
    • Ons lewer diens deur onsself tot beskikking te stel van ander
    • Ons gee van onsself sonder om altyd iets terug te verwag.
  • Nederigheid
    • Omdat ons dankbare mense is wat uit genade leef, sien ons nie neer op mekaar en ander mense of groepe binne en buite die skool nie.
    • Ons is altyd bereid om van ander te leer.
  • Integriteit en eerlikheid
    • Ons doen wat ons sê.
    • Ons is opreg in handel en wandel
    • Dit wat ons bely en doen is in harmonie met mekaar.
    • Ons is betroubaar
    • Ons handhaaf hoë morele standaarde.
  • Lojaliteit
    • Ons is te alle tye daartoe verbind om 'n positiewe houding jeens ons skool te openbaar en konstruktief aan probleme te werk.
    • Ons is lojaal in ons kritiek
  • Regverdigheid
    • ons behandel elke mens wat oor ons pad kom met billikheid.
    • ons oordeel elke situasie met wysheid en volgens die regverdigheidsbeginsel.
    • Ons is redelik in ons hantering van dissipline.
  • Toewyding en volharding
    • Ons gee met entoesiasme onsself en ons beste tot die einde.
    • Ons maak klaar wat ons begin het.
  • Verdraagsaamheid
    • Ons waardeer elkeen se uniekheid en aanvaar mekaar se verskille
    • Ons verskil in liefde
    • Ons streef 'n kultuur van luister na.
Facebook Bladsy

Opkomende gebeure

Nuutse Omsendbrief