Projekte

Privaatskool Moria is BAK!!!

 

Ja, Privaatskool Moria is BAK!!! Letterlik en figuurlik!! Ons bak elke jaar vrugtekoeke...baie vrugtekoeke, 1600 vrugtekoeke!!! 

Privaatskool Moria is die oudste Afrikaanse Privaatskool in Namibia, en in 1991, toe ons deure oop gemaak het, het ons kreatief moes dink oor hoe ons fondse gaan inkry om alles te kan bybring.  Ons het ‘n hele paar bo-baas baksters as ouers gehad, hulle het bietjie gespeel met resepte, en opgekom met die BESTE VRUGTEKOEK RESEP!  Met hierdie ‘GEHEIME RESEP’ en ‘n span bereidwillige ouers en kinders, het die Moria Vrugtekoek projek in 1996 ontstaan.  en sedertdien is hierdie tradisie elke jaar voortgesit!!

Om by die Vrugtekoek-projek betrokke te wees is ‘n voorreg, want dis 1600 ‘advertensies’ wat die skool se naam dra!  Elke vrugtekoek kry ‘n kaartjie by, waarop die skool en die dorp se naam op is, en glo my - selfs vir die kinders van Moria is dit iets om op trots te wees wanneer hulle in Pick ’n Pay in stap, en die Moria Vrugtekoeke op die rak sien. Gewoonlik betaal ‘n skool of besigheid vir ‘n advertensie veldtog, maar met hierdie vrugtekoeke word ONS betaal vir ons advertensies!  

Om hierdie finale produk op ‘n winkelrak te kry, gaan elke vrugtekoek deur BAIE prosesse!  Ek deel graag ‘n paar!

Die 300kg dadels word aangery vanaf Khorixas na Outjo in Maart elke jaar, om in vriesgeriewe gehou te word, totdat hopenlik 8 ouers van Moria dit kan verwerk (ontpit en in kwarte sny).  Daarna word hulle verpak vir elke dag se gebruik.  Die 320kg bruinsuiker (geskenk!!!!) word afgeweeg volgens die resep.  Die 800kg koekvrugte (ja...nie ‘n tikfout nie!) word ook volgens die resep afgeweeg.  Die 180kg botter, wat in 25kg blokke kom word opgedeel vir elke dag se bak!  300 dosyn  (3600 eiers) word deur die koshuis personeel gebreek.  Die eiers is ook ‘n wonderlike skenking.

 

Hierdie boonste klomp bestanddele + 350 Liter water word in die 2 weke van baktyd, deur die 3 Koshuis Tannies en kinders gekook!!!  Hulle kook elke aand 13 potte koekvrugte, van Sondag tot Donderdag en die volgende week weer van Sondag tot Donderdag!  Dit neem elke dag ongeveer 90 minute om hierdie potte te kook.  Dit wil sê die koshuis tannies en kinders vind ‘n ekstra  900 minute in 2 weke om vir hulle skool te help adverteer!

 

Vanaf Maandag tot Vrydag en weer Maandag tot Vrydag word die 13 emmers met koekvrugte en ‘n emmer met eiers, na Outjo Backerei geneem en met 80kg kersies, 36 liter speserye, 190kg neute en 460kg meel gemeng.  Die meel is ook ‘n wonderlike borg.  Die 190kg neute word deur hopenlik 8 ouers van Moria skoongemaak, gebreek en verpak.  Klink seker nie baie erg nie, maar onthou, die pakkies pekanneute wat ons by die winkel koop, weeg maar net 100g!!!  300kg koekdeeg word vir 10 dae (Maandag tot Vrydag en wer Maandag tot Vrydag) in ‘n GROOOOOT menger aangemaak. 

 

Dan word die heerlike deeg in panne geskep.  Elke koek word versier en dan kom die koekpanne op 20 bakplate gesit (elke bakplaat is 57cm x 75cm....en hulle pas almal in een oond!!!)  Hierdie proses neem ongeveer 150 minute....per dag....dus  vir 1500 minute staan hopenlik 8 ouers en Outjo-tannies in ‘n bakerei en SKEP!  Ek wil sommer gou weer vir Outjo Backerei bedank vir hulle ondersteuning en goedgunstigheid.

 

Na 3ure se baktyd....is dit toetstyd...! Nee, nie proe nie!  Elke vrugtekoek word getoets om te verseker dat daar geen rou koeke verkoop word nie!  Vir 2 weke lank word altesaam 1600 delikate koeke na die koshuis vervoer agter op ‘n bakkie.  110 liter brandewyn word dan oor die koeke gestort! 

 

Nou ja...daar is dit....Moria het 1600 koeke om te verkoop!!!  Regtig?! NEE! Nog 'n paar prosesse het eers plaasgevind: In die 160 koekpanne word daar bruinpapier ingesit, BAIE bruinpapier!  ‘n Rol van 23kg, wat 910cm lank is!  Die rede vir die papier in die panne is, sodat die hitte van die oond bietjie weg gekeer kan word.  Hierdie rol papier word deur ‘n houtsaag gesit, om sekere breedtes te kan kry.  Daarna kry hopenlik +-4 ouers van hierdie kleiner rolle, om dit in sekere lengtes te sny, wat perfek in die panne pas!  Ons gebuik tydens die 2 weke van bak +- 30 liter kookolie om die papier in die panne te olie. 

 

Hierdie proses vind Maandag tot Vrydag en weer Maandag tot Vrydag plaas.  Tydens hierdie tyd word die huidige dag se koeke uit die panne gehaal, die bruinpapier weer ingesit en ge-olie...reg vir die volgende sarsie!  Die onderwysers, Outjo-tannies, halfdag Ma’s en dorps- en koshuis kinders help ongelooflik baie tydens hierdie proses.  Dit neem 90 minute per dag om die panne voor te berei...dus ook 900 minute in 2 weke wat Moria se mense tyd uitsit vir die trotse eindproduk!

 

Nou moet die vrugtekoeke toegewikkel word met 300 meter silofaan en 30 rolle kleeflint en foelie-kartonne.  Hierdie foelie-kartonne is ‘n 365 dae per jaar proses om al die kartonne bymekaar te maak, te sny en oor te trek.

 

2000 meter lint word om die koeke gesit vir versiering saam met ‘n kaartjie, wat Moria en Outjo trots adverteer.  Hierdie proses neem 16 mamma’s en Outjo-tannies 60 minute om klaar te maak, dus 10 ure wat werkende Ma’s ekstra uit hulle dag uithaal, om te kan help met die skool se projek.

 

En daar is dit!!!  1600 Vrugte koeke...nee...2,7 TON Vrugte koeke!!!  Nadat +- 50 pare hande elke dag 450 minute gevind het, om te help met die skepping  van 160 Privaatskool Moria Vrugtekoeke....en dit vir vir 2 weke lank!!  En dan praat ons nog nie eers van die vooraf verwerkings nie.  Voorwaar NET die Outjo-gemeentskap wat so iets kan laat gebeur EN nog pret hê daarby!!

 

Baie dankie aan almal wat al by enige proses betrokke was by die Vrugtekoek projek...sonder jou hulp kon Privaatskool Moria nie hierdie wonderlike tradisie kon laat voortleef nie!!

 

                                                                                                        Vrugtekoek Groete

 

van Moeder Vrugtekoek

 

Renee de Jager

 

Die Kunenestreek Skou,word ondersteun deur Privaatskool Moria en behels presies alles wat sy logo wys...

                         Alles wat lêkker is word opgedis!!!

Oud en jonk neem deel, eet heerlik, lag en gesels en word sonbruin na die lang winter terwyl hulle rond stap tussen die stalletjies.

 Die deelname is enige iets van 4x4 Vasbyt, Pret draf, ‘Fancy dress’ fietsrit, Boeresport, Honde-skou, Boogskiet, Mnr en Mej MINI Skou (voorskool tot graad 3), Potjiekos kompetisie, Raai die Wyn, Raai die kruie, Boerewors proe, Touchies, Bees-loop en Skattejag.

Die kos stalletjies bou heerlike broodjies, hamburgers en schnitzel brotchens.

Die Koffie-kroeg bedien boere-troos, die beste ystee en smaaklike koeke.

Middagetes bestaan uit die sappigste sosaties, heerlike tjoppie en smul lekker slaai.

Orals loop mense rond wat lag en gesels terwyl hulle ou bekendes raakloop.  Die stalletjies is reeds vroeg oop en dit behels enige iets van plante tot kuns goedjies en klere.  Die manne is natuurlik reeds vroeg al besig om die diere uit te kyk. 

Die aandvermaak sluit die Prysuitdeling van alle kompetisies in.  Daarna word heerlik gekuier met ‘n Steakbraai ete voor jou en die klanke van ‘n gewilde gaskunstenaar om jou.

Met ‘n moeë, seer gebrande lyf klim jy daai aand in die bed en glimlag vir oulaas oor al die dinge wat jy vandag gehoor en gesien het.

Ja...SO kuier die Kunenestreek saam!!!  Kom proe self volgende keer vir Outjo!!!

 

Privaatskool Moria is in 1991 gestig en maak gebruik van geboue wat vroeër aan die weermag behoort het. Die afgelope 5 jaar is daar baie gedoen om ons terrein te verbeter en nuwe geboue op te rig.

Wat reeds gedoen is:

Skoolterrein

  • Oprig van nuwe klaskamers en 'n ablusieblok vir Junior Primêr (Gr 1-3). 2010
  • Plaveisel, gruis en paadjies rondom die klaskamers. 2011
  • Blombeddings en grasperke. 2011
  • Plant van palmbome in die parkie 2012
  • Verf van klaskamers.2012
  • Uitbreek, teël en oordoen van Administrasieblok en Personeelkamer. 2013
  • Sitplek vir die leerlinge tydens pouse. 2013
  • Remediërende sentrum met rekenaarnetwerk vir Cami program. 2012
  • WI-FI en Internet toegang op die hele skoolterrein en koshuis. 2012
  • Installasie van 'n nuwe N-Computing stelsel in die Rekenaarsentrum.2013
  • Verf van die skool aan die buitekant 2013
  • Verf van die rekenaarsentrum 2013

Koshuis

  • Verf van Seuns se kamers, ingangsportaal en eetsale 2013
  • Teë van seuns en dogters se kamers. 2013

In proses:

  • 'n Skoolsaal met volledige kombuis wat ook as Gasvryheidsentrum kan dien. 2014

Kermis Kermis Kermis

Wat raas so???

Ag dis ‘n ou simpel Vuvuzela!!!

Oooooo...jippie, dis Kermis tyd!!!!

Aaaaaahh...kyk hoe oulik...dis die 3 Kermis-Muise!!!

Jaaaaha...selfs as jy buite die dorp is en jy hoor ‘n Vuvuzela raas in Junie, WEEEET jy dis Kermis tyd. 

En al wat jy moet doen, is om die ‘Blinde Muise’ te volg...want hulle KEN die pad na PRET!!!  Daar word elke jaar 3 Sotte gekies om die Kermis-Muise te wees.  Sommige kinders hoop al van Graad 1 af dat hulle eendag ‘n Kermis-Muis sal kan wees.

Die Matrieks kry ook elke jaar ‘n beurt om die Kermis te adverteer, met hulle ‘Lawaai-in-die Strate’.  Hierdie tradisie is amper ‘n paar jaar terug gekanseleer, omdat ons gedink het die matrieks is al te groot vir sulke gekheid!!!  Maar glo vir my, daar gaan amper net soveel tyd en energie in om hierdie uitrustings uit te dink, as die Matriek Afskeid uitrustings.

Dan is dit ‘Die-dag-van-die-Kermis’ en al wat leef en beef staan in die dorp se strate om die skool se vlotte optog te kan sien.  Daai aand word daar gekuier tot laat.

Behalwe vir prettige spele deur die Kermis naweek, is daar ook ernstige dinge, soos die Koeketafel, Vleistafel  en Kafeteria waar jy heerlike goedjies kan koop.  Moria is al landwyd bekend vir sy heerlike sosaties en  Steakbraai.  Gooi dan nog Rugby en Netbal in hierdie ‘Pot-vol-pret’, dan smaak Moria se Kermis al heel vrolik. 

Maar wag....

daar’s nog...

Gooi nog ‘n Afrikaanse Gaskunstenaar ook in hierdie pot, dan praat ons van 100% Moria Kermis vermaak!!! 

Die Kermis word altyd op die Sondag, op ‘n gepaste manier afgesluit.  Almal kom dan by die kerk bymekaar vir ‘n gesamentlike Dankseggings Diens.

Kom...wees deel van hierdie wonderlike geleentheid...nie een van die  oud-Moria leerlinge mis dit nie!!

KERMIS AKKOMMODASIE: 

Aloe Gastehuis, Francois Theart, 067 313333,   in Outjo

comms@etotongwelodge.com,

Buschberg Guestfarm, Hannes & Anita de Haast, 067 312143, lodge akkommodasie, 80 km noord van Outjo, 812795667, kampering,  info@buschberg.com,  ,  

 Buschfeld Park, Frans Bestbier, 811482636, Bungalows, 6 km noord van Outjo buschfeld@iway.na, Kampering,  

 SASA Safari Camp, Donsie Schoeman, 811290658, Bungalows, 10km suid-wes van Outjo, bookings@sasasafaricamp.com, Kampering,  

 Dan Mari, Marietjie Liebenberg, 067 313481, Selfsorg Eenhede, In die dorp, Outjo, 812393333, , danielieb@namibnet.com,  ,  

Eldorado B & B, Adri & Hanel Pienaar, 067 333421, Bungalows, 80km noord van Outjo,811478317, Kampering, hanel@iway.na,  ,  

Etosha Safari Lodge, Gondwana Groep, 067 697101, Bungalows, 80km noord van Outjo 061 230066,  info@gondwana-collection.com,  ,  

Etosha Safari Camp, Gondwana Groep, 067 697005, Bungalows, 80km noord van Outjo 061 230066, Kampering,   info@gondwanacollection.com,  

Etotongwe Lodge, Francois Theart, 067 313333,  Bungalows, In die dorp comms@etotongwelodge.com, Kampering,  

Farmhouse,  , 067 313444, Guesthouse, in die dorp, dinnerfarmhouse@iway.na,  

Gerus Camping, Brenda Oberholzer, 813964158, Kampering, 30km Suid van Outjo, 812552599, danieo@mtcmobile.com.na,  

Kai-Oms , Deon & Jaenny van Zyl, 813750152, Selfsorgeenhede, In die dorp Outjo, 813463644, Kampering,   vzyl.deon@yahoo.com

Mondjila, Neels van Tonder, 067 333446, Tented Camp, 70km noord van Outjo, 812222575, Kampering,  

Mamselle, Udo Behnke, 67  303752 / 0812183904, Kampering, 13 km noord van Outjo reservations@exclusive.com.na,  ,  

 Namatubis, Magdel Pretorius, 811290679, Bungalows, 15 km noord van Outjo magdelp@iway.na, ,  

Naua Naua, Petra Paschke, 067 687100, lodge akkommodasie, 90km noord van Outjo info@nauanaua.com, self kampering,  

 Ombinda Lodge, Gerald, 067 313181, Bungalows, 2km suid van Outjo, 811299680, Kampering,   ombindagerald@iway.na,  ,  

Oppie Klippe, David & Wanda Koen, 0812802010, Selfsorg Akkommodasie, 5 km suid-wes van Outjo, Kampering,  

Sophienhof, Bertie, 067 312999, Bungalows, 8 km NO van Outjo, Kampering,  

Taleni Tented Camp, Hein & Joan Vosloo, 067 687190, Tented Lodge - Selfcatering, 95km noord van Outjo, 0813388607 0813388609,  gm@etosha-village.com,  

Tarentaal, Pieter & Mariana Gouws, 067 333416,  , 70km noord van Outjo, 811286116, tarentaal@mweb.com.na,  ,  

 Toshari,   067 333440, lodge, 70km noord van Outjo, toshari@iway.na, kampering,  

Vingerklip,  , 067 290318,

 Vreugde Guestfarm, Danie & Elsie Brand, 067 687132, DBB, 70km noord van Outjo, 812107693,  info@vreugdeguestfarm.com,    

Moria se Graad 9 Besigheidstudieklas bied hul eerste Kaskar en Entrepreneursdag  in 2012 aan. Elke graad groep moes 'n kaskar inskryf en die Graad 9's het allerlei stalletjies beman. Die Graad 9 groep is self verantwoordelik vir al die reëlings en reklame vir die dag.

In 2013 vind die Entrepreneursdag tydens die Kunene Streeksskou plaas en die kaskardag word vervang met 'n fiets-hindernisbaan.

Vir meer informasie kliek hier

Facebook Bladsy

Opkomende gebeure

Nuutse Omsendbrief